Welkom by Woord en Lewe Boksburg Afrikaans

 Ons is opgewonde om hierdie jaar saam met jou aan te pak!

Vir 2026 keer ons terug na die allerbelangrikste opdrag, die fondament van alles wat ons doen: Liefde vir God, liefde vir mense.

In Markus 12 leer Jesus ons om God eerste te stel—met ons hele hart, siel, verstand en krag. Dit is waar alles begin.

Maar ons geloof word sigbaar in hoe ons mekaar behandel. Kolossense 3:14 herinner ons dat die liefde ons saambind in volmaakte eenheid. Wanneer ons só leef, word Johannes 13:35 ’n werklikheid: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is…”

Jesus se belofte in Lukas 10:28 is eenvoudig maar kragtig: “Doen dit, en jy sal lewe.” Ons begeerte vir jou hierdie jaar is nie net dat jy bestaan nie, maar dat jy voluit sal lewe deur God en mense lief te hê.

Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie reis. Kom vind jou plek in ’n gemeenskap wat streef na eenheid en doelgerigte lewe.

Sien jou binnekort!

Past. Renaldo en Sharali Barnard

Adres

H/v Trichardtsweg en Kingfisherlaan
Sunward Park
Boksburg
Gauteng

Tel Number:  (+27)11 913 4567

Dienstye

Sondagoggend:

Oggenddiens 8.30
(Hoofouditorium)

Sondagaand:

Herlaai 17.00
(Ouditorium 2)

Visie

 Matt 5:14  “Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”

Missie

Efesiers 4:12  ” … om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou …”

Ons waardes

Groei
Groei in jou verhouding met God

Konneksie
Lewe in konneksie met ander 

Dien
Dien met jou God-gegewe gawe

Deel
Deel die boodskap van Jesus Christus

Ons Strategie

Mark 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”

Ons Groei Stappe

'n Proses om te groei in jou geloof, jou doel te ontdek en 'n verskil te maak!

  • First Step – Eerste keer hier?
    As jy ons vir die eerste keer besoek of onlangs jou lewe aan Jesus toegewy het, is hierdie sessie vir jou!

    (1 sessie, eerste Sondag van die maand)

  • Walking the Way – Groei in jou geloof
    Leer die basiese beginsels hoe om as ‘n volgeling van Christus te leef.
    (3 sessies)
  • Finding your Way (Pathfinder) – Ontdek jou Gawes
    God het vir jou unieke geestelike gawes gegee—vind uit wat dit is!
    (1 sessie, Saterdagoggend)
  • Showing the Way – Deel jou Geloof met ander
    Leer hoe om Jesus met selfvertroue met ander te deel.
    (2 sessies)
  • Leading the Way – Ontdek die leier in jou
    Groei as ‘n leier deur geakkrediteerde kursusse.
  • Church Planting – Bou nuwe geloofs gemeenskappe.
    Vir dié wat geroep is om nuwe gemeentes te plant en bou. 
  • Church Network – Brei die Koninkryk uit
    Wees deel van ‘n beweging wat homself aan gemeentes verbind en ondersteun.