Geagte WnL Netwerk Familie en Vriende,
Om eenheid in ons gemeente te hê, moet ons ‘n gemeenskaplike taal van visie, missie, waardes, en strategie praat. Hierdie jaar pak ons saam hierdie reis van aksie aan, wetende dat met hierdie gesamentlike poging, met God se hulp, niks vir ons ontmoontlik sal wees nie.
Gebaseer op die profetiese woord in Jesaja 62:10 (NIV), word ons geroep om deur die hekke van beperkings te gaan, die pad vir almal voor te berei. Laat ons die paaie opbou, hindernisse verwyder, en die standaard verhoog, wat hoop vir alle nasies simboliseer.
As Woord en Lewe gemeente, staan ons vierkantig op hierdie profetiese woord, toegewyd om ons leiers en bedieninge te ondersteun en op te hef terwyl hulle uitdagings in die gesig staar en on standaarde op aspek van ons bedieninge en lewens te verhoog. Ons doel is om die pad oop te breek vir ontelbare siele om deel te word van die Koninkryk van God.
Ons is hier vir elke lid van Woord en Lewe, om julle te help om jul volle potensiaal hierdie jaar te verwesenlik. Maak staat op ons ondersteuning, gebede, en bystand terwyl ons saam hierdie doel vir die jaar gaan bereik nl ‘n “Onbeperkte 24.“
Hartlike groete,
Pastor Renaldo Barnard