Emosionele, verhoudings-, trauma-, verslawings-, voorhuwelikse en huweliksberading, en speelterapie, en ander.
Maatskaplike Werker
Life Coach
Berader
Berader
Trichardtsweg en Kingfisherlaan, Sunward Park, Boksburg, Suid-Afrika
Telefoonnommer: (+27)11 913 4567
E-pos adres: counselling@wordandlife.com
REACH is ‘n ondersteuningsgroep vir mense en families wat stry teen verslawing. Deur die ondersteuningsisteem by REACH, het alle lede die geleentheid om te genees en herstel van die verwoestende gevolge van verslawing. Ons ontmoet elke Dinsdag by Woord en Lewe vanaf 18:00 en almal is welkom om die lewensveranderende effek van herstel te ervaar.
Ons help mense met:
Dwelmverslawing
Alkoholisme
Nikotienverslawing, Voorskrifte
Dwelmmisbruik
Eetversteurings
Pornografie
Dobbelprobleme
Kontak ons by:
Bryan 074 975 0757 of
Hierdie groep kom elke Dinsdae bymekaar om 18:00. Jy sal leer hoe deur hierdie pynlike prosesa van egskeiding e gaan en weer hoop vir die pad vorentoe te kry. Dit is ‘n vriendelike, sorgsame groep mense wat saam met jou sal stap deur een van die moeilike ervarings van die lewe. Moenie deur skeiding of egskeiding alleen gaan nie. As jy hierdie groep wil bywoon, moeie huiwer die vorm in te vul nie.
Kry hulp by GriefShare. GriefShare is ‘n groep groep mense wat saam met jou die pad sal loop deur een van die moeilikste ervarings van die lewe. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie.
Dit mag moeilik wees vir jou om optimisties te voel oor die toekoms op hierdie oomblik. As jy ‘n eggenoot, kind, familielid of vriend verloor het, ondervind jy waarskynlik dat daar baie mense is wat nie die diep seer verstaan wat jy voel nie.
Dit kan ‘n verwarrende tyd wees wanneer jy geïsoleerd voel en baie vrae het oor dinge waaroor jy nog nooit tevore gekonfronteer is nie.
As jy gebed nodig het, wil ons graag saam met jou bid. Alle gebedsversoeke word streng vertroulik hanteer. Ons het ‘n span intersessors wat graag vir jou wil intree.
© 2025 All Rights Reserved Word and Life Church