Kry hulp by GriefShare. GriefShare is ‘n groep mense wat saam met jou die pad sal loop deur een van die moeilikste ervarings van die lewe. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie.
Dit mag moeilik wees vir jou om optimisties te voel oor die toekoms op hierdie oomblik. As jy ‘n eggenoot, kind, familielid of vriend verloor het, ondervind jy waarskynlik dat daar baie mense is wat nie die diep seer verstaan wat jy voel nie.
Dit kan ‘n verwarrende tyd wees wanneer jy geïsoleerd voel en baie vrae het oor dinge waaroor jy nog nooit tevore gekonfronteer is nie.