Ons is opgewonde om hierdie jaar saam met jou aan te pak!
Vir 2026 keer ons terug na die allerbelangrikste opdrag, die fondament van alles wat ons doen: Liefde vir God, liefde vir mense.
In Markus 12 leer Jesus ons om God eerste te stel—met ons hele hart, siel, verstand en krag. Dit is waar alles begin.
Maar ons geloof word sigbaar in hoe ons mekaar behandel. Kolossense 3:14 herinner ons dat die liefde ons saambind in volmaakte eenheid. Wanneer ons só leef, word Johannes 13:35 ’n werklikheid: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is…”
Jesus se belofte in Lukas 10:28 is eenvoudig maar kragtig: “Doen dit, en jy sal lewe.” Ons begeerte vir jou hierdie jaar is nie net dat jy bestaan nie, maar dat jy voluit sal lewe deur God en mense lief te hê.
Ons nooi jou uit om deel te wees van hierdie reis. Kom vind jou plek in ’n gemeenskap wat streef na eenheid en doelgerigte lewe.
Sien jou binnekort!
Past. Renaldo en Sharali Barnard
H/v Trichardtsweg en Kingfisherlaan
Sunward Park
Boksburg
Gauteng
Tel Number: (+27)11 913 4567
Sondagoggend:
Oggenddiens 8.30
(Hoofouditorium)
Sondagaand:
Herlaai 17.00
(Ouditorium 2)
Matt 5:14 “Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”
Efesiers 4:12 ” … om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou …”
Groei
Groei in jou verhouding met God
Konneksie
Lewe in konneksie met ander
Dien
Dien met jou God-gegewe gawe
Deel
Deel die boodskap van Jesus Christus
Mark 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
(1 sessie, eerste Sondag van die maand)