Gebed

Ons nooi jou uit op saam ons op Weeksdae te bid. Ons kom daagliks @ 6 in ouditorium 2 bymekaar om te bid. Dit is opbouend en lewendig. Gebed is die hartkamer van Woord en Lewe. As jy dit fisies nie in persoon kan bywoon nie ,kan jy by ons op die google-meet platvorm aansluit. 

Ons gebedstye:

Maandag tot Vrydag: 6:00vm tot 6:30vm
Sondagoggende: 06:00vm tot 07:00vm 

Manne Bediening

Om ‘n man na God se hart te wees is nie altyd maklik nie, maar dit is presies wat God ons voor geroep het….om die moeilike maar regte dinge te doen in die lewe.
Jesus roep mans om Hom te volg en om met vrymoedigheid deel te neem aan Sy verlossingsplan vir ons persoonlik, in ons families en in ons gebied van invloed. Hy roep ons om dit met ywer, nederigheid en in liefde aan te pak net soos Jesus dit gedoen het.

Vroue Bediening

‘Vrou na God se hart’ is Woord en Lewe se Afrikaanse Vroue bediening met ‘n misie om elke vrou in gees, siel en liggaam te bedien, bemoedig en inspireer om doelgerig en passievol in volkleur te leef.

Met vandag se gejaag, verskeie rolle wat ons as vrou moet beklee en soveel seer daar buite, is daar baie van ons vrouens, wat wanneer hulle in die spieel kyk net ‘n wit en swart weergawe van hulself sien, so ons wil jou help om na jouself deur God se oe te begin kyk en Sy volkleur prentjie vir elke fasset van jou lewe te sien en daarvolgens te begin leef. 

Connect Groepe

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (Christenskap) is veel meer as net Sondagdienste. Mense in ons gemeente word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe, waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Ons het n groep vir jou behoefte.
 Vanaf jong volwassenes tot en met groepe vir ons seniors.
 
 

Woord en Lewe Jong Volwassenes

Ouderdomme 19–26

Wie Ons Is

Woord en Lewe Jong Volwassenes is ’n gemeenskap vir jong volwassenes wat deur die tussen-in seisoene van die lewe beweeg. Dit is ’n plek waar geloof persoonlik raak, gemeenskap noodsaaklik word, en waar ons leer om Jesus saam te neem in elke deel van die alledaagse lewe.

Hierdie bediening bestaan om jong volwassenes te help om hul identiteit in Jesus te vind—nie in mense, verhoudings of die wêreld nie. Hier sal jy ontdek dat jy nie alleen is nie—daar is ander wat soortgelyke paaie stap, met dieselfde vrae worstel, en saam in geloof groei.

Ons Hart

Ons glo jong volwassenheid is ’n seisoen vol groei, druk, verandering en groot besluite. Ons hart is om ’n ruimte te skep wat soos huis voel—’n plek waar jy eg kan wees, ondersteuning kan ervaar, en kan leer hoe om jou geloof uit te leef in die chaos van die lewe.

Of jy besig is om te leer hoe om “volwasse” te wees, jou finansies te hanteer, God met jou toekoms te vertrou, of rustig te bly terwyl almal om jou verlief raak of trou—ons stap hierdie pad saam, met fokus op God se wil en Sy plan vir jou lewe.

Jong Volwassene-aande

Twee-weeklikse Donderdagaande om 19:00 in Ouditorium 2.
Hierdie byeenkomste is ’n tyd van aanbidding, lering en konneksie—waar jy in jou geloof kan groei, gemeenskap kan bou en leer om Jesus sentraal te hou in jou lewe.

Jong Volwassene Connect Groepe
Kleiner, doelgerigte groepe onder leiding van betroubare leiers, verdeel in mans- en damesgroepe.
Connect Groepe ontmoet by die kerk of by leiers se huise, met tye wat afhang van die leier. Hierdie ruimtes is geskep vir dieper verhoudings, dissipelskap en om saam die lewe te doen.

Sondagdienste
Jong volwassenes word aangemoedig om deel te wees van ons Sondagdienste, met ’n spesiale fokus op ons Herlaai Aanddiens om 17:00.

Herlaai is ’n kragtige ruimte om jou geestelik weer vol te maak, God te ontmoet en die week gegrond in Sy teenwoordigheid af te sluit.

Zaine Swart

Woord en Lewe Jeug – NOVA Aande

Nuwe Lig. Nuwe Lewe. Nuwe Jy.

Welkom by Woord en Lewe Jeug! Ons is nie net ‘n jeuggroep nie, ons is ’n beweging van tieners wat ontdek wie hulle in Jesus is. By NOVA aande glo ons elke tiener het ’n lig wat kan skyn. Ons is hier om jou te help om God te ontmoet, heeltemal jouself te wees en te groei in die ongelooflike mens wat Hy jou gemaak het om te wees.

Hoekom NOVA?
Die woord NOVA beteken ’n nuwe ster of nuwe lig, en dit is presies waaroor ons gaan. Net soos ’n rimpel oor water versprei, glo ons die liefde en lig van God in jou lewe kan uitvloei na die wêreld. Ons tieners is nie net hier vir pret nie, hulle is hier om hul lig te laat skyn, ’n verskil te maak en die beginpunt van iets groters in God se koninkryk te wees.

Wat jy kan verwag:

Pret en Vriendskap: Speletjies, aktiwiteite en ’n veilige plek om net jouself te wees.


Groei in God: Leer meer oor jou identiteit in Christus en hoe om dit uit te leef.


 Lof en Woord: Vrydae is vol energieke aanbidding en boodskappe wat jou lewe raak.


Rimpeling: Word toegerus om uit te gaan, jou lig te laat skyn en God se liefde te wys waar jy ook al gaan.

 

NOVA Aande – Vrydagpret:

  • 18:00 – 19:00: Sosialiseer, peuselhappies en speletjies 
  • 19:00 – 21:00: Aanbidding, Woord en stories wat inspireer 

Weeklikse Groeigroepe
Sluit aan by ander tieners in jou area om verhouding te bou, te groei en mekaar te ondersteun.

Sondae
Sluit aan by kerkdienste, insluitend ons Herlaaidienste, waar die fokus op jong mense en hul reis met God is.

Kom wees deel van die rimpel!
Jou lig kan die wêreld verander en ons is net die beginpunt. 

Zaine Swart

Leisure-groep

Die doel van die Leisure-groep is om die senior mense van die gemeente en ook die breër gemeenskap te bedien. Die hooffokus is die bediening van die Woord om mense geestelik te versterk en op te bou. Die byeenkomste is ook ‘n geleentheid om saam te kuier en op ‘n sosiale vlak met ander te kommunikeer.

Die byeenkomste vind op elke laaste Donderdag van die maand plaas. Indien jy wil inskakel, skakel Past. Johan Olivier by 083 555 5244