Ons is so bly dat jy hier is! Hierdie jaar is ons tema geïnspireer deur Psalm 16:11: “U maak aan my die pad van die lewe bekend; oorvloedige vreugde is in U teenwoordigheid; lieflikhede is in U regterhand vir altyd.” Hierdie woorde herinner ons daaraan dat ware vreugde en doel in God se teenwoordigheid gevind word, en ons wil ’n plek skep waar almal daardie oorvloedige lewe kan ervaar.
Ons is opgewonde om jou by ons Afrikaanse Kampus te verwelkom. Ons glo dit is een van die beste plekke om nuwe vriende te ontmoet, bemoediging te ontvang, kan groei in jou geloof, en jou goddelike doel te ontdek, en ’n verskil in ons gemeenskap te maak. Of jy jou geestelike reis herontdek of dit vir die eerste keer verken, ons nooi jou uit om huis toe te kom—na ’n plek waar jy as lidmaat kan tuis voel en kan floreer.
Sien jou binnekort!
Past. Renaldo en Sharali Barnard
H/v Trichardtsweg en Kingfisherlaan
Sunward Park
Boksburg
Gauteng
Tel Number: (+27)11 913 4567
Sondagoggend:
Oggenddiens 8.30
(Hoofouditorium)
Sondagaand:
Herlaai 17.00
(Ouditorium 2)
Matt 5:14 “Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”
Efesiers 4:12 ” … om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou …”
Groei
Groei in jou verhouding met God
Konneksie
Lewe in konneksie met ander
Dien
Dien met jou God-gegewe gawe
Deel
Deel die boodskap van Jesus Christus
Mark 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
(1 sessie, eerste Sondag van die maand)