WnL (Woord en Lewe / Word and Life Church) is verbond tot die beskerming en beveiliging van jou persoonlike inligting. Daarom, in ooreenstemming met die Beskerming van Persoonlike Inligting Wet (POPIW) van Suid-Afrika, wat vanaf 1 Julie 2021 van krag is, wil ons jou graag die geleentheid gee om jou kontakbesonderhede op te dateer.
Jou inligting sal slegs gebruik word om jou ingelig te hou van gebeure by Woord en LEwe. Jou kontakbesonderhede sal deel bly van die WnL-databasis en sal nooit beskikbaar gestel word aan enige derde partye nie.
Ons sal seker maak dat maatreëls in plek is om verlies, skade of ongemagtigde vernietiging van jou persoonlike inligting te voorkom. Jy het die reg om:
(1) bevestiging te versoek van watter persoonlike inligting die afsender van enige elektroniese kommunikasie vanaf WnL hou,
(2) jou persoonlike inligting op te dateer of te laat vernietig indien dit onjuis, irrelevant, oorbodig, misleidend of onwettig is,
(3) enige rekord van jou persoonlike inligting wat onnodig is vir WnL om te hê, te laat vernietig.
Indien jy wil deel bly van die WnL-databasis, is daar geen aksie nodig van jou kant af nie. As jy jou inligting wil opdateer of verwyder wil word uit ons databasis, voltooi asseblief die vorm hieronder.
© 2025 All Rights Reserved Word and Life Church