Ruth-Anne Theunissen

Ruth-Ann is die voltydse Word and Life kids pastoor vir die Boksburg Engels en Afrikaanse kampus. Ruth-Ann en haar span van 75 vrywilligers is passievol om jou kinders elke Sondag te dien. Sy spesialiseer ook in die opleiding van kinderpastore en gesinsbediening.

Meer oor Word and Life Kids

By Word and Life kids kan ons kinders die evangelie van Jesus Christus op hul eie vlak en op ‘n pretige manier hoor. Elke naweek word Kidstown lewendig met geesdriftige aktiwiteite, baie lag en opwindende sang. Hier weerspieël ons die liefde van Jesus en leer ons kinders om die lig van die wêreld te wees. Hier leer kinders oor God en Sy Woord op ‘n ouderdomsgeskikte vlak terwyl hulle lekker speel. Ons span van vriendelike, geesvervulde onderwysers dien en leer kinders oor God en lê sterk fondasie om hulle vir die lewe toe te rus.

Dienste

Word and Life kids word aangebied vir kinders vanaf 3 jaar oud tot en met Graad 7 en vind plaas gedurende al ons Sondae-dienste. Ongelukkig, as gevolg van sekuriteitsredes, kan ons op hierdie stadium nie kinders jonger as 3 jaar akkommodeer nie. Ons kampus open die deure ‘n halfuur voor die diens  en sluit 15 minute na ‘n diens. Kinders moet asseblief nie later as 10 minute na die diens afgehaal word nie. Registreer asseblief jou kind voor die diens iy die WnL kids info-desk

Jou kind se veiligheid

Om by Word and Life kids te dien vereis ‘n hoë vlak van toewyding, passie, en al ons onderwyser ondergaan ‘n streng agtergrond  ondersoek.

Baba en Peuter Kamer

Hierdie baba en kleuter kamer is vir moeders met babas vanaf geboorte tot peuters van 3 jaar. Dit is gerieflik geleë aand die linkerkant ons ouditorium as jy by hoofingang inkom. Daar is ook ’n klankdigte baba-speelarea in die moederskamer. Kinders ouer as 3 jaar word nie in die moederskamer toegelaat nie