Gebed

Ons nooi jou uit op saam ons op Weeksdae te bid. Ons kom daagliks @ 6 in ouditorium 2 bymekaar om te bid. Dit is opbouend en lewendig. Gebed is die hartkamer van Woord en Lewe. As jy dit fisies nie in persoon kan bywoon nie ,kan jy by ons op die google-meet platvorm aansluit. 

Ons gebedstye:

Maandag tot Vrydag: 6:00vm tot 6:30vm
Sondagoggende: 06:00vm tot 07:00vm 

Manne Bediening

Om ‘n man na God se hart te wees is nie altyd maklik nie, maar dit is presies wat God ons voor geroep het….om die moeilike maar regte dinge te doen in die lewe.
Jesus roep mans om Hom te volg en om met vrymoedigheid deel te neem aan Sy verlossingsplan vir ons persoonlik, in ons families en in ons gebied van invloed. Hy roep ons om dit met ywer, nederigheid en in liefde aan te pak net soos Jesus dit gedoen het.

Vroue Bediening

‘Vrou na God se hart’ is Woord en Lewe se Afrikaanse Vroue bediening met ‘n misie om elke vrou in gees, siel en liggaam te bedien, bemoedig en inspireer om doelgerig en passievol in volkleur te leef.

Met vandag se gejaag, verskeie rolle wat ons as vrou moet beklee en soveel seer daar buite, is daar baie van ons vrouens, wat wanneer hulle in die spieel kyk net ‘n wit en swart weergawe van hulself sien, so ons wil jou help om na jouself deur God se oe te begin kyk en Sy volkleur prentjie vir elke fasset van jou lewe te sien en daarvolgens te begin leef. 

Connect Groepe

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (Christenskap) is veel meer as net Sondagdienste. Mense in ons gemeente word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe, waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Ons het n groep vir jou behoefte.
 Vanaf jong volwassenes tot en met groepe vir ons seniors.
 
 

Woord en Lewe Jeug Bediening

Saam, in eenheid beweeg ons vorentoe. ‘n Jeugbediening sonder enige beperking. Ons moedig ons tieners aan om hulleself te wees, om hulleself nie te beperk of te diskwalifiseer nie, want ons dien ‘n wonderlike God. Ons help ons tieners om hul ware identiteit in Christus te vind, en ons het pret terwyl ons dit doen – pret, speletjies en vermaak in ‘n veilige omgewing.

Fokuspunte

Om die evangelie van ons Here en Redder Jesus Christus te deel, met alle kulture. Om hulle te help GROEI in hul verhouding met God, om te konnek met ander asook om te leer hoe om te DIEN in God se koninkryk en om die evangelie te DEEL met andere. Ons is hier om elke tiener te dien en sover moontlik aan elke tiener se behoeftes te voldoen. Vrydae is gerig op die groep em meer soiaal saam te kom en weeksdae is meer op die groep- en individu-gefokus. 

Saam versit ons berge!

Kom sluit by ons aan.

Ons bied ook die volgende aan ons tieners.

  • Weeklikse groei-groepe in verskeie areas rondom Boksburg.
  • Op Vrydae van 18:00-19:00 sosialiseer ons. Van 19:00 -21:00 is dit lof en aanbidding sowel as die deel van die Woord.
  • Op Sondae is daar verskeie kerkdiens geleenthede, veral die aand Herlaai dienste, waar die fokus op die jonger generasie is.

 

Zaine Swart

Leisure-groep

Die doel van die Leisure-groep is om die senior mense van die gemeente en ook die breër gemeenskap te bedien. Die hooffokus is die bediening van die Woord om mense geestelik te versterk en op te bou. Die byeenkomste is ook ‘n geleentheid om saam te kuier en op ‘n sosiale vlak met ander te kommunikeer.

Die byeenkomste vind op elke laaste Donderdag van die maand plaas. Indien jy wil inskakel, skakel Past. Johan Olivier by 083 555 5244